Huisgenoot

Kos vir die SIEL

DEENSE hawermout-&-heuning-VOLKORINGBROOD

LEWER 1 X 20 CM RONDE BROOD / BEREIDING EN BAK: 2½ UUR

◗ 250 ml (1 k) laevetmelk, plus 15 ml (1 e) ekstra vir verf
◗ 125 ml (½ k) water
◗ 20 g geroosterde melkpoeier (sien wenk)
◗ 45 ml (3 e) botter
◗ 30 ml (2 e) heuning
◗ 90 g gerolde hawermout, plus ekstra vir bolaag
◗ 225 g klipgemaalde witbroodmeel
◗ 150 g klipgemaalde volkoringmeel
◗ 35 g rogmeel
◗ 5 ml (1 t) fyn sout
◗ 10 ml (7 g) droë kitsgis

Plaas die melk, water, geroosterde melkpoeier, botter en heuning in ’n klein kastrol. Verhit tot die botter gesmelt het. Voeg die hawermout by en roer tot gemeng. Verwyder van die hitte en laat afkoel. Voeg die witbrood-, volkoring-en rogmeel en die sout en gis in die bak van ’n staanmenger. Klits ’n kort rukkie tot gemeng. Wanneer die melkmengsel kamertemperatuur is, voeg by die droë bestanddele. Verwerk met die deeghaak op matig lae spoed tot gemeng en knie dan 6-8 min. Skraap die deeg in ’n bak wat liggies met olie gesmeer is, bedek en laat rys 60-90 min. tot die grootte verdubbel het. Smeer ’n 20 cmronde koekpan met botter en voer dit met bakpapier uit. Keer die deeg uit op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Babbel Voort Aanlyn!
Twee prettige seisoene van Die Babbelbende is aanlyn op huisgenoot.com te kry. In dié Afrikaanse kinderreeks ondersoek die vriende Bibi, Ben, Paloeka die leeu en Palawa die kameelperd die interessante dinge wat ons wêreld so wild, woelig en wonderlik
Huisgenoot1 min read
Speletjies
By watter prent pas die skaduwee? A-5, B-2, C-6, D-3, E-4, F-1. Skommel die letters en vind die woorde: kontrole, swaard, bom, gifdrankie, trofee, skatkis, knope. Hoeveel van elke vrug is weggesteek? A-3, B-5, C-5, D-4, E-1, F-2.
Huisgenoot3 min read
Skone Slaap
AS ’N skoonheidskrywer en ma van twee is dit nie altyd maklik om tyd in die dag te kry om ’n 20-minuut-gesigmasker of haarbehandeling aan te wend nie. Dis hoekom skoonheidsprodukte wat werk terwyl ek slaap veel aanlokliker is. Ons vel gaan ’n vernuwi

Related