Huisgenoot

Gesond, maar LEKKER

EIERSLAAI met suursous

GENOEG VIR 4 MENSE BEREIDING: 15 MIN. GAARMAAK: 15 MIN.

MOSTERDSLAAISOUS

◗ 3 eiers, geklits
◗ 60 ml (¼ k) water
◗ 60 ml (¼ k) appelasyn
◗ 60 ml (¼ k) suiker
◗ 20 ml (4 t) mosterdpoeier of 30 ml (2 e) klaarbereide mosterd
◗ 2,5 ml (½ t) sout
◗ 80 ml (⅓ k) ongegeurde jogurt

SLAAI

◗ 4 eiers, hardgekook
◗ 1 iceberg-of cosblaarslaai, in wiggies gesny of in blare gebreek
◗ 2-3 wortels, in repe geskil met ’n groenteskiller
◗ 1 avokado, in repies gesny
◗ ’n hand vol boontjiespruite of 1 klein rooi-ui, in dun ringe gesny, vir bo-oor sprinkel

1 Mosterdslaaisous Plaas al die bestanddele buiten die jogurt in ’n swaarboomkastrol en klits goed met ’n draadklitser. Roer aanhoudend oor ’n lae hitte tot die sous glad en dik is en nie skif nie.

2 Laat afkoel en meng die jogurt in.

3 Slaai Sny 3 van die hardgekookte eiers in skyfies. Skei die ander een se wit en geel en rasper dit apart. Hou eenkant.

4 Pak die blaarslaaiwiggies op ’n groot slaaibord en skep ’n bietjie van die slaaisous oor.

5 Rangskik die eierskyfies, wortel en avokado bo-op, drup die res van die sous oor en sprinkel die gerasperde eier en spruite of rooi-uie bo-oor.

t – teelepel/s e – eetlepel/s k – koppie/s

TAMATIETERT

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Vyf Vinnige Vrae
1 In watter Amerikaanse staat is Hollywood? 2 Hoeveel kante het ’n oktagoon? 3 Ankara is die hoofstad van watter land in die Midde-Ooste? 4 Wie is die enigste Suid-Afrikaanse vrou wat ’n Nobelprys ontvang het? 5 In watter provinsie is die Mapungubwe
Huisgenoot2 min read
Ontmoet Die Hoofkarakters
Sebastian is ’n professor in entomologie en probeer almal in sy familie se pad gelyk maak, vertel Albert. Hy’s ’n ordentlike man, maar sy begrip vir sy vrou, Elma, is nie heeltemal op dieselfde standaard as sy kennis van insekte nie. Hy is geneig om
Huisgenoot2 min read
Flitsvrae: Nadine Blom
Wat is geluk vir jou? Daai oomblik wat jy weet jy het ’n verskil gemaak in iemand anders se lewe. Wanneer en waar was jy op jou gelukkigste? Op die verhoog, besig om te sing of mense te vermaak. Waarmee hou jy jou die graagste besig? Ek hou myself gr

Related