Landbouweekblad

9 lewenslesse: Kry die bepalende balanspunt

Van ’n klein begin op 20 ha tot 250 ton wortels wat daagliks van 3 700 ha geoes, verwerk en verpak word, Vito Rugani ken die pad. Of dit nou praktiese boerderylesse was wat sin maak of geestelike ervarings wat nie sommer sonder geloof aanvaar kan word nie, hy het waarde uit elke situasie probeer put wat sy pad in sy ryk lewe gekruis het.

Vito, wat by Tarlton boer, was onder die ervare kommersiële boere wat hul kennis met boere en ander landbouers gedeel het tydens die groot imbizo oor landbou-ontwikkeling wat deur African Farming, susterstydskrif van Landbouweekblad, in Boksburg gehou is.

Vito het sy lewensverhaal vertel en telkens uitgelig wat hy geleer het – lesse wat hom bygebly en as boer en mens verryk het. “Die voordeel daarvan is dat almal hulle met die menslike ervarings van die lewe kan vereenselwig.”

Hy is in Johannesburg gebore, waar die Rugani-familie sedert 1889 groente verbou het. Hy het in 1983 die graad BSc (landbou-ekonomie) met die hoogste lof aan die Universiteit van Pretoria verwerf en van 1984 af op die familieplaas van 50 ha gewerk.

Vito was die eersgeborene van vyf broers en susters. “Dit was moeilik genoeg om één gesin op 50 ha te onderhou, en om vyf gesinne te onderhou, was onmoontlik. Dit het gelei tot spanning oor hoe om uit te brei.”

Ná sewe jaar was

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit

Related