Weg! Ry & Sleep

Na die plek van die olifante

Die park is veral bekend vir sy groot olifantbevolking van ongeveer 10 000.

In die suidoostelike hoek van Zimbabwe lê die Gonarezhou- nasionale park van 5 053 km2. Dit is naas Hwange (14 650 km2) die grootste park in die land en vorm boonop deel van een van Afrika se grootste bewareas, die Groter Limpopo-oorgrenspark. Dié enorme 35 000 km2-gebied verbind die Krugerwildtuin en Mosambiek se Limpopo- nasionale park met Gonarezhou sodat wild vrylik tussen die drie lande kan beweeg.

Die park is veral bekend vir sy groot olifantbevolking van ongeveer 10 000 – Gonarezhou is immers ’n Shonawoord wat “plek van die olifante” beteken – maar jy sal ook die res van die Groot Vyf hier aantref. Bring beslis jou verkyker en ’n bondige aftiklysie, want verder is hier 150 soorte soogdiere, 450 voëlspesies, 116 reptielsoorte en ook 50 vissoorte.

Sedert ’n hervestiging in 2021 kan jy selfs weer swartrenosters hier sien nadat hulle 27 jaar afwesig was wees stroping. As jy gelukkig is, sien jy dalk een van die ongewone boksoorte wat hier voorkom – soos die njala, soenie, bastergemsbok of swartwitpens. Die park het baie skaduwee vir die diere (en vir jou) danksy mopaniewoude, worsbome, wildemangobome, jakkalsbessies en natuurlik groot ou kremetarte.

Met ’n CV soos dié is Gonarezhou ’n paradys vir veldryers

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep6 min read
’n Welkome gas
In die kampplek het ’n mens ’n paar opsies om jou kos gaar te kry of water te kook vir ’n bietjie boeretroos. Die mees basiese en beste, natuurlik, is ’n kampvuur, maar dit neem tyd om aan die gang te kry en jy kan ook nie sommer enige plek vuurmaak
Weg: Ry & Sleep5 min read
Wat Maak Kamp So Lekker?
Ek het grootgeword in ’n huis waar vakansies – vernaam die grote in Desember en Januarie – beteken het die lomp two-tone Jurgens 640 met sy blou-en-wit gestreepte tent word by oom Tjoep du Toit gehuur. Ek weet tot vandag toe nie waar oom Tjoep aan sy
Weg: Ry & Sleep5 min read
’n Lékker Honnelewe
• Hou jou motor se ruit oop, indien moontlik. Pote gaan die rit baie meer geniet as hy die tonele kan inasem wat verbyflits. • Stop so een keer elke uur en gee jou woef genoeg tyd sodat hy kan snuffel aan die merke van al die honde wat al vroeër hier

Related