Avontuur Afrika

Mooie Mabua

Mabuasehube – losweg vertaal na “Rooi Aarde” uit die plaaslike San-taal – is een van die laaste werklik wilde plekke in Afrika. Wanneer landreisigers “Mabua” hoor, kom nabye ontmoetings met die koning van die oerwoud in hul gedagtes op, met beelde op sosiale media wat dikwels ‘n trop leeus toon wat die kampterrein oorneem. Pure betowering!

Mabuasehube is aan die Botswana-kant van die Kgalagadi-Oorgrenspark en is in die suidweste van Botswana geleë. Dit is Kalahari in sy suiwerste vorm. As jy op soek is na stilte, moenie verder soek nie. Dit is een van daardie plekke waar jy jou siel letterlik ‘n sug van verligting kan hoor slaak.

Die Kalahari Gemsbok Nasionale Park is in Julie 1931 in Suid-Afrika gestig en sewe jaar later, in 1938, is die Botswana Gemsbok Nasionale Park geproklameer deur die destydse Betsjoeanaland. Dieselfde jaar is die boere aan die Botswana-kant, 84 gesinne met meer as 5 000 stuks vee, na die gebied suid van die park hervestig. Die ruïnes van ou wonings en verskeie grafte is steeds naby Rooiputs geleë. Mabuasehube Wildreservaat is in 1971 gestig en is in 1992 by die Kalahari Gemsbok Nasionale Park ingelyf.

In 1948 is ‘n informele mondelinge ooreenkoms tussen die Betsjoeanaland-protektoraat en die Unie van Suid-Afrika aangegaan om ‘n enkele bewaringsgebied in die aangrensende gebiede van die twee lande op te rig. In Junie 1992 het verteenwoordigers van die Suid-Afrikaanse Nasionale Parkeraad (nou SANParke) en die Departement van Natuurlewe en Nasionale Parke (DNNP) van Botswana ‘n gesamentlike bestuurskomitee saamgestel om die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Avontuur Afrika

Avontuur Afrika4 min read
Gesels>> SAAM
Ek is al vir jare ‘n 4x4-eienaar, maar wil my eerste oorgrens-landreis aanpak. Wat is die belangrikste herwinningstoerusting wat jy nodig het? – Wessel Odendaal. Ons uitgewer, Anton Willemse, het al talle landreis-toere in verskeie voertuie voltooi.
Avontuur Afrika3 min read
‘N Ougat Huisie Op Wiele
Die Suzuki Eeco is in 2023 op die Suid-Afrikaanse mark bekend gestel en dit was ‘n onmiddellike gunsteling by besighede wat na ‘n klein karweiertjie en daaglikse ryding op soek was. Die manne by Suzuki SA het egter met die blink gedagte vorendag geko
Avontuur Afrika5 min read
Groentjies Gaan Groot
Dis ‘n uitdaging vir diegene wat gaan en ‘n droom vir diegene wat agterbly. Dit is wat Thierry Sabine – wat die idee vir die die Dakar-tydren in 1977 gekry het toe hy tydens die Abidjan-Nice-tydren op sy motorfiets in die Libiese woestyn verdwaal het

Related