Kuier

Gesinsfees

KERRIESNOEK MET REËNBOOGSLAAI

Genoeg vir 4-6 mense

BESTANDDELE

Snoek

1 mediumgroot snoek, gevlek
 2 eetlepels olie
 2 uie, in skyfies gesny
 4 knoffelhuisies, fyngekap
 2 lourierblare
 1 teelepel komynsaad
 ½ teelepel borrie
 1 eetlepel roasted masala
 ¼ koppie witwynasyn
 ¼ koppie bruinsuiker
 ¼ koppie blatjang
 ¼ koppie mayonnaise

Slaai

500 g babatamaties (gemengde kleure)
 2 eetlepels Franse slaaisous
 sout en varsgemaalde peper
 ‘n paar spekboomblaartjies (opsioneel)
 ‘n handvol vars basil-blare

METODE

Voorverhit die oond tot 200°C. Voer ‘n groot bakplaat met foil uit en bespuit met kossproei.

Snoek

■ Plaas die snoek met die velkant na onder op die bakplaat en hou eenkant tot nodig.

■ Verhit die olie in ‘n diep pan en braai die uie tot sag. Voeg die knoffel, lourierblare en komynsaad by en stir fry tot geurig. Roer die borrie en masala deur.

■ Voeg die asyn by en stir fry tot die asyn amper heeltemal weggekook is.

■ Voeg die suiker en blatjang by en roer aanhoudend tot die suiker opgelos is.

■ Verwyder van die hitte en meng die mayonnaise deur. Smeer dié sous eweredig oor die snoek en roast vir 25-30 minute of tot ligbruin

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier7 min read
As Klaasvakie Wegkruipertjie Speel
Hande op as die bedkassie al jou kopkussing was terwyl jou kleuter jou hele bed oorvat. Of as jou baba net vir ‘n paar minute op ‘n slag slaap of jou skoolgaande kind nog laatnag wakker is en soggens vol nukke is met opstaantyd. Michey* ken dié gevoe
Kuier4 min read
Ekse, Nie Vyande Nie
Dis nooit maklik om te skei of uit ‘n verhouding te stap nie, en dis nog moeiliker as daar kinders betrokke is. Vir sommige ouers is dit boonop amper onmoontlik om mekaar daarna met respek en op ‘n civil manier te hanteer as dinge lelik skeefgeloop h
Kuier1 min read
Blokraai
NR. 372 1. Seun van ‘n ridder (9) 10. Ook hier (2) 12. Vrag (6) 13. Varswatervis (5) 14. Sluit ‘n gebed daarmee (4) 15. Pa en ma (5) 17. Tevore reeds (2) 18. Tronkkamer (3) 19. Onderaardse gange (7) 20. Ma-honde (4) 23. Kernagtige (7) 26. Gedagte (4)

Related