Huisgenoot

KLEIN MENSIES & GROOT DROME

DIS nie wat jy verwag wanneer jy in die huis instap waar ’n eenjarige woon nie.

Hier is niks uit plek nie. Nie ’n primêre kleur in sig nie, nie ’n piep of gekerm te hoor nie, en geen halfgeëte piesang of taai vingermerkies op die vloer nie.

Maar dié is ook nie ’n gewone huis nie, en hier woon nie sommer enigeen nie.

Die televisieaanbieder en sakevrou Clare Wiese-Wentzel het nog altyd geweet waarvan sy hou.

En hier in haar imposante woning in Clifton, een van die mees gesogte woonbuurte in die land, het sy haar lewe as nuwe ma sover moontlik ingerig soos dit haar die beste pas.

Minimalisties, modern en netjies, in skakerings van wit en room, met dinge wat vir haar mooi is. Dis ’n plek waar haar kop kan stil word, en waar sy optimaal kan funksioneer – al is daar deesdae ’n klein woelwater in die huis wat die wêreld vol kruip en net goeters wil uitpak, omkrap en rondkrap.

“Ek kan nie met chaos nie,” erken Clare.

“Toe ek op universiteit was, het ek my kamermaat altyd sover gekry dat ons eers die kamer opruim voor ons begin swot. Dan wil sy iets oorkom, want ons het nog nie eens begin nie en ons skryf die volgende dag eksamen.”

Maar natuurlik weet sy ’n kind en chaos gaan dikwels hand aan hand.

“Ek probeer dit tot sekere kamers

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Regte ‘Chemistry’ Én Op TV
Dié twee ken mekaar al dekades lank, tog was dit eers onlangs dat VINETTE EBRAHIM en CEDWYN JOEL sáám op stel beland het – en toe nie net vir een reeks nie, maar sommer twee. In die Showmax-dramareeks Koek speel Vinette en Cedwyn ’n ougetroude paartj
Huisgenoot2 min read
Die Aarde Se ‘Tweede Maan’
DAAR word al baie jare bespiegel dat die Aarde dalk meer as een maan het. Verskeie van die natuurlike satelliete wat naby die Aarde se wentelbaan voorkom, is al voorgestel as moontlike mane, maar nie een is al bevestig nie. Een van die moontlikhede,
Huisgenoot2 min read
Babanuus
NÁ WEKE van bespiegeling het JUSTIN en HAILEYBIEBER eindelik die aap uit die mou gelaat – daar’s ’n kleinding op pad. Die egpaar het die nuus met ’n videogreep en foto’s op Instagram gedeel. Die aankondiging het hul aanhangers gaande gehad, want geru

Related