JY SOU dalk dink hulle het nie veel in gemeen nie. Hy is 42 en die pa van drie dogters. Sy is ’n skoolmeisie van 10 jaar oud.
Tog is daar iets wat hulle saamsnoer. Hulle verstaan mekaar se uitdagings en seer – en hul nuwe kans op hoop.
Melvin Maxim en Lelitha Jantjies, albei van George, se paaie het onlangs gekruis weens die lewensveranderende behandeling wat albei gekry het. Dié ingryping het hulle weer selfvertroue gegee ná hulle voorheen soms moes wegskram voor die wrede blik van ander.
Melvin se gesig en lyf was jare lank deur groeisels, genaamd keloïede, ontsier. Lelitha is met littekens aan haar gesig gelaat ná hul