SARIE

MET DIE WÊRELD AAN HUL VOETE

Jy kry hulle deesdae oral . . . ’n nuwe generasie beroepslui, kreatiewes en avontuurlustiges wat danksy tegnologie hul kantoor saamneem waarheen hul swerflus hulle ook al lei.

Waar “digitale nomades” hul sit kry, daar kan hulle werk – in koffiewinkels, gedeelde werksruimtes, in ’n tydelike blyplek met ’n uitsig op Tafelberg of die Mediterreense See.

Hulle het die wêreld aan hul voete . . . met selfs die burokrasie wat oënskynlik vir hulle die pad gelyk maak: ’n Visum spesiaal vir digitale nomades is ál meer algemeen. Dié dokument stel iemand in staat om wettiglik buite hul landsgrense te werk. Vir hulself of vir ’n maatskappy.

Die bekroonde skrywer Deon Meyer erken hy kan “enige plek skryf as die kalf in die put is: in hotelkamers, op treine, en in vliegtuie . . .”

Hoewel hy “die heel lekkerste” in sy huis op Stellenbosch werk, waar die onderbrekings en afleidings min is, bring Deon en sy vrou, Marianne, ook tyd in Europa deur.

“Ons is so drie maande van die jaar in die buiteland, soms ’n bietjie meer, soms ’n bietjie minder. Poggio Nativo in die Sabynse heuwels van Italië is deesdae die plek waar ons die langste bly,

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE1 min read
Leef Binne Na Buite
Marcus se huis is soos ’n treinstasie met ’n vloei van mense wat gou kom inloer, maar toe die huis in aanbou was, het hy ’n frons of twee van die plaaslike inwoners gekry. As argitek wou hy hê die huis moet sy opleiding in die modernistiese styl weer
SARIE8 min read
Net Cindy, Niks Fancy Nie
Hier is een rol wat Cindy Swanepoel-aanhangers nie sien kom het nie. Cindy as ’n idioom. Kry die prentjie: woordelose papierpop Cindy, met groot rooi kartonlippe en tande wat daaruit tuimel as dit oopgaan . . . ’n Mond vol tande. Die Wonderlike Wêrel
SARIE1 min read
Woondinge
SIEN KOOPGIDS OP BL. 143 ■

Related