SARIE

Sajonara, dankie JAPAN

Laatmiddag in die gedenktuin vir vrede in Hirosjima, val ’n paar sonstrale oor die Atoombomkoepel, die ruïne van wat eens die Hirosjimanywerheidsentrum was.

Hier het die eerste atoombom op 6 Augustus 1945 geval en sowat 78 000 mense eensklaps uitgewis. Teen die einde van die jaar was die dodetal in die stad 140 000. (Op 9 Augustus tref die tweede atoombom Nagasaki en nog tienduisende sterf.)

Dit vervul ’n mens met afgryse. Langsaan is die Hirosjimavredesmuseum, wat die wêreld herinner aan dié gru-gebeure. Die rolprent Oppenheimer, pas met vyf Golden Globe-toekennings bekroon en ’n sterk kandidaat vir ’n paar Oscarbeeldjies (die toekenningsaand is op 10 Maart), bring die ontsetting opnuut onder die loep.

Drie dae ná die aanval werk ’n paar beskadigde trems en spoorlyne in die stad weer. “Tot vandag toe is die trem ’n simbool van hoop in Hirosjima,” > < vertel ons gids, Mari Katsui.

Teen 1947 was die meeste van die puin opgeruim, met strate en winkels in so ’n mate herstel dat inwoners kon terugkeer. Die rimpeleffek het wel nog jare uitgekring. In die Vredesmuseum word

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE1 min read
Woondinge
SIEN KOOPGIDS OP BL. 143 ■
SARIE1 min read
Sarie
REDAKTEUR Michélle van Breda KUNSDIREKTEUR Maresa Pretorius PROJEKBESTUURDER Pieter Hugo STYL- EN SOSIALE REDAKTEUR Fanie Cronjé 082 934 5226 MODEREDAKTEUR Amaria Carstens 072 041 3393 KOSREDAKTEUR Herman Lensing SKRYWER EN ASSISTENT MODE EN KOS
SARIE5 min read
7 Dinge Oor Plasebo’s Medisyne Se Raaisel
Mense wat haar ken, weet al: As Shudira ingedagte is, woel sy met haar wysvinger in haar regteroor. Sy vroetel dan met die vuurhoutjie wat sy glo daarin afgebreek het. Glo, want al het ’n spesialis daai oor goed deurgekyk, kon sy niks opspoor nie. Ma

Related