Kuier

DIE TWEE T'S SPILL DIE TEA

Hulle is sag op die oog en lag uitbundig terwyl die kamera kliek. Dis KFM se Tracey Lange en Tarryn Lamb. Nou wonder ’n mens: Word daar dalk na hulle as “The Two Ts” verwys in KFM H se gange?

“Dalk moet ons twee juis ’n show kry dan noem ons dit: ‘Spill the Tea,”’ sê Tracey (39), en dan gooi sy daai kekkellag wat luisteraars van dié Kaapse radiostasie so goed ken. En as Tracey lag, lag almal.

Tarryn (39) is immers ’n groot fan van haar kollega se flou grappies op die lug op Vrydae met Flou Joke Fridays, erken dié donkerkop-sangeres self. “Daai flou jokes sit in jou kop vas,” grinnik Tarryn.

Van jokes na hul lewensreis, staan een ding soos ’n paal bo water: Dié twee Kaapse vroue leef in dankbaarheid.

“Sommiges het ’n houding van: I’ve arrived,’’ sê Tracey. “Jy kan nooit op jou louere rus as dinge goedgaan nie. Harde werk bly ’n konstante ding, want dit kan alles môre weggeneem word.”

Tarryn is vandag innig dankbaar dat Tracey destyds gesê het sy sal vir haar bid toe die geleentheid hom voordoen om smiddae saam met Carl Wastie sy supergewilde program, The Flash Drive, aan te bied. “Ek was so bang, en toe sê Tracey ‘dis jou tyd; dis jou blessing’. Onthou, vrees kan ’n mens soms oorweldig.”

As sy vir mense sê sy sal vir hul bid, dan bid sy, sê Tracey. “Dis vir my belangrik. Ons sien mekaar nie gereeld by die werk nie

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier3 min read
Vra Dr. Jolene
Wat's PMDD en PMS? Dok, ek het nog altyd met vreeslike mood swings rondom my period gesukkel, en by tye voel dit selfs soos depressie. Ek het onlangs gelees daar is iets soos premenstrual dysphoric disorder (PMDD). Wat is dit, en hoe verskil dit van
Kuier11 min read
Vaarwel Aan Die Vlei Se Mense
Die wel en weë van die leerders en onnies by die fiktiewe Hoërskool Arendsvlei op die Kaapse Vlakte hou ons sedert 1 Oktober 2018 vasgenael voor ons TV's. Daar was gekonkel, hope verraad, affairs en selfs ’n moord of twee (of drie) … En nou, ses seis
Kuier2 min read
Maak Só Opsommings
’n Opsomming is ’n kort weergawe van die belangrikste inligting uit ’n lang teks. Jy gebruik dit veral wanneer jy moet leer vir ’n vak wat baie inhoud bevat en jy net spesifieke feite wil onthou (funksionele opsomming). Op skool word daar ook van jou

Related Books & Audiobooks