Tuis

Gebrou vir kook, bak en braai

Koffiestroopkoek met sjokoladekaramel

Dié verruklike soet nagereg kombineer al my gunstelinggeure: koffie, vanielje, sjokolade en karamel.

Maak 1 dubbellaagkoek van 20 cm Voorbereiding: 45 minute Baktyd: 25 minute Oondtemperatuur: 180 °C

180 g botter
200 ml strooisuiker
5 ml vanieljegeursel
6 eiers
250 ml koekmeel
15 ml bakpoeier

STROOP

250 ml sterk koffie
80 ml strooisuiker
30 ml donker rum of brandewyn

KARAMEL

1 blik (385g) Caramel Treat
80 g donkersjokolade, gesmelt

1 Voorverhit die oond. Spuit twee 20 cm-koekpanne goed en voer uit met bakpapier.

2 Klits die botter, suiker en vanielje saam tot lig en romerig. Voeg die eiers een vir een by en klits goed na elke byvoeging. Sif die droë bestanddele oor die beslag en vou dit in tot net gemeng. Giet die beslag in die voorbereide panne en bak vir 25-30 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom. Laat 10 minute in die panne afkoel, keer uit en laat heeltemal afkoel.

3 Roer die stroopbestanddele saam oor matige hitte tot gesmelt en kook vir 2 minute. Laat effens afkoel.

Sit die louwarm koeke op ’n bord en steek ’n paar

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Tuis

Tuis2 min read
SKRYF IN & WEN!
Laat dít jou mantra wees wanneer jy weer ’n huisverbetering beplan. Dit maak mos sin om enige opknap aan te pak met die oog op die toekoms, en watersekerheid bo-aan jou lys. JoJo, die hoofborg van ons jaarlikse Regruk met Flair-kompetisie, is Suid-Af
Tuis1 min read
Tuis
REDAKTEUR Wicus Pretorius • redakteur@tuis.co.za Posadres Posbus 1802, Kaapstad 8000 Algemene navrae Yumna Tofey yumna.tofey@media24.com • 021 406 4552 REDAKSIE Artikelredakteur Beatrice Moore-Nöthnagel beatrice.nothnagel@media24.com Kreatiewe reda
Tuis1 min read
Blokraai #176
Lesers weet baie van Dana Snyman omdat hy ons jare lank al deur sy skryfwerk inlaat in sy leefwêreld. Maar dat hy oneervol uit die weermag ontslaan is, is nie iets wat hy aan die groot klok gehang het nie. Tot nou met Seun, sy rou onthou van sy ervar

Related