Weg! Platteland

Onthou jy nog?

Spyskaart

– VOORAF –

Waatlemoendrankie

Mossels in chorizoroom

– HOOFGEREG –

Gerolde lamsblad

Kies 3 of meer van die volgende:

Langnaweek-aartappelslaai

Groen groente met soetrissiesous

Mosterdring

Anderste wortelslaai

Gebraaide patatslaai

– NAGEREG –

Kondensmelk-crème caramel

Waatlemoendrankie

Vir my is waatlemoen die heel grootste ster in die vrugtemandjie: Jy kan soveel daarmee doen én dit laat in elkeen van ons ’n nostalgiese storie oor die somer ontwaak. As ek eendag my droom bewaarheid om in Mauritius af te tree en dalk ’n klein Suid-Afrikaanse restaurant daar oop te maak, sal dié waatlemoendrankie die ster op die mengeldrankiespyskaart wees.

Genoeg vir 6

Bereidingstyd 10 minute plus verkoeltyd

JY BENODIG

3 dik ringe waatlemoen¼ koppie (60 ml) bruinsuiker150 ml jenewer of vodka (25 ml per drankie)300 ml lietsjiesapsap en gerasperde skil van 3 lemmetjies of suurlemoene1 kg gebreekte yskruisementblare vir garnering

SÓ MAAK JY

Sny die waatlemoen los van die skil en plaas die vleis saam met die suiker in ’n voedselverwerker. Laat dit teen ’n hoë spoed loop tot ’n fyn mengsel vorm. Gooi die mengsel deur ’n sif om van die pitte en pulp ontslae te raak. Sit die sap in die yskas om koud te word. Meng nou die jenewer of vodka, lietsjiesap en lemmetjie-of suurlemoensap en -skil by die koue waatlemoensap. Vul 6 glase van jou keuse met gebreekte ys. Vul die glase op met die drankiemengsel, garneer dit met vars mentblare en sit dit dadelik voor.

Mossels in

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Platteland

Weg: Platteland8 min read
Vertel Ons
Onlangs speel my seun sy eerste hoërskoolrugbywedstryd by my ou skool. Vroegoggend durf ons die pad Somerset-Oos toe aan. Wanneer ons bo-op die Olifantskoppas kom, lê die Karoo soos ’n oop granaat voor ons. Al verskil is dat dit dor en bruingeskroei
Weg: Platteland1 min read
Die Vonkel spat!
Vonkeltee – ’n koudgebroude ystee wat bruis soos sodawater – is die jongste produk van die wyn-vrugte-en-gasteplaas Babylonstoren naby Franschhoek wat ons oog getref het. Die nuwe laekilojoule-drankie is in 300 ml-blikkies te kry, in twee geure: rooi
Weg: Platteland4 min read
Die Berge In…
Dit is middel Desember op ’n klein kusdorpie in die Tuinroete. Ouma en Oupa sit op die stoep. Te salig. Die man is stil; die vrou praat baie. Die man en die voël luister nie altyd nie, omdat hulle weet wat die vrou gaan sê nog voor sy dit sê. Hulle n

Related