Landbouweekblad

Botswana opdraande boerstryd, maar Doeks verruil dit vir niks

Opportunistiese uitsprake oor die landbou ter wille van stemwerwing, korrupsie en plaasmoorde was een te veel vir Doeks Rothmann. Toe besluit hy in 2016 om sy Suid-Afrikaanse tentpenne uit te trek en dit by Ghanzi in Botswana te gaan inkap.

Doeks en sy seun, Dawie, het lank saam groente en graan by Brits in Noordwes geproduseer. Nou boer hy alleen in Ghanzi terwyl dit ook afstand skep “sodat Dawie meer op sy eie by Brits kan boer”.

As buurland is Botswana maklik bereikbaar – net minder as 900 km – en hy kan gereeld vir sy mense in Suid-Afrika gaan kuier. Dit is egter nie ’n stap wat ’n mens halsoorkop kan aanpak nie. “As jy in Botswana wil grond koop, moet jy dit eers adverteer. As ’n Botswana-burger nie belangstel nie, kan jy dit koop en dan 30% belasting betaal

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter

Related