Kuier

DIE LIEFDE BLOMTUSSEN MANIE EN SYVERNA

VOORBLADSTORIE

Hulle maak 'n mooi prentjie soos hulle aangestap kom: Die lang, sterkgeboude rugbyspeler en sy pragtige fyn donkerkopverloofde. Tydens die fotosessie is hul waardering, respek en liefde vir mekaar ooglopend.

Hulle begin eers skamerig saam poseer, maar later geniet die twee hulle gate uit.

Op skool het sake tussen dié twee stadigaan so tussen die kooroefeninge en in die besigheidstudiesklas begin vorder. En toe die Springbok-losskakel en Stormersspeler Manie Libbok (26) hom weer kom kry, toe is dit klaar wat dit so is!

Laas jaar het hy die ja-woord gevra en in Oktober staan hy en sy skool-bestie en jarelange liefie, Verna-Lee Arries (26) voor die kansel. Nie eens die langafstand kon hul liefdesvuur blus nie. En 'n mens sien duidelik tydens Kuier se voorbladsessie dat hul liefde vandag nog stormsterk staan. Want die hegte vriendskapband wat in hul laaste twee skooljare daar op die Hoërskool Outeniqua op George ontstaan het, bestaan vandag nog.

Dit was knap voor die matriek-eindeksamen toe Manie, 'n gebore Humansdorper, die moed bymekaar kon skraap om sy ware gevoelens teenoor dié mooie Suid-Kapenaar te openbaar.

Hy begin die storie heel beskeie, dalk selfs effe verleë. “Ek het net op 'n dag anders na haar begin kyk. Natuurlik was Verna-Lee nog altyd vir my baie aantreklik, maar ek wou haar ook nie net deur my vingers laat glip nie.”

Daarom het hy juis besluit om hart oop te

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Kuier

Kuier3 min read
Vra Dr. Jolene
Wat's PMDD en PMS? Dok, ek het nog altyd met vreeslike mood swings rondom my period gesukkel, en by tye voel dit selfs soos depressie. Ek het onlangs gelees daar is iets soos premenstrual dysphoric disorder (PMDD). Wat is dit, en hoe verskil dit van
Kuier5 min read
Craig IS KOERSVAS
Dit het soul-searching en ’n sabbatical gekos om die gevoel van overwhelmed wees af te skud, maar nou het een van die land se talentvolste sangerliedjieskrywers, Craig Lucas, sy groove back. Hy praat met Kuier oor sy jongste projekte vanuit sy huis i
Kuier2 min read
Maak Só Opsommings
’n Opsomming is ’n kort weergawe van die belangrikste inligting uit ’n lang teks. Jy gebruik dit veral wanneer jy moet leer vir ’n vak wat baie inhoud bevat en jy net spesifieke feite wil onthou (funksionele opsomming). Op skool word daar ook van jou

Related