Weg! Ry & Sleep

’n Nuwe ervaring

Dis nie aldag dat jy ’n kampplek in die KwaZulu-Natalse Suidkus ontdek wat jy die eerste keer kan besoek nie. Dis veral in ons geval waar, want Ry & Sleep het oor die jare heen omtrent by elkeen van die magdom oorde aan hierdie gewilde kusstrook ingeloer.

Dit was dus ’n onverwagse ervaring om kamp op te slaan by Mtwalumi en River Valley. Nie net is dit ons eerste keer by die twee oorde nie; dis werklik plekke wat ons met vrymoedigheid kan aanbeveel.

Mtwalumi is in die buurt Mtwalume, ongeveer 90 km suid van Durban, en deel sy naam met die rivier wat aan sy noordekant in die see uitmond. Die kampplek is op ’n koppie, 450 m van die riviermonding af soos die kraai vlieg. Boonop is Mtwalume se strand maar 100 m verder.

River Valley is ongeveer dieselfde afstand as Mtwalumi van die strand af, maar dié strand is minder toeganklik. Dit maak nie regtig saak nie, want jy kamp hier op die noordepunt van Pennington en sy strande. Wat River Valley so besonders maak, is die kampplek self. Dis een van die netjiesste kampplekke wat ons nóg gesien het; ’n mens kry lus om sommer voltyds hier af te saal.

MTWALUMI

Familievriende

Volgens Wikipedia verwys die Zoeloewoord “mtwalume” (soos die dorp se naam gespel word) na die regop bome wat langs die rivier groei. Alhoewel, die kampplek se naam word ’n bietjie anders gespel: Mtwalumi.

Die rivier ontspring 85 km van hier af. Hier is ’n lieflik omheinde speelplek vir kinders, die swembad is ook omhein, en hier is ’n paar verskillende soorte staanplekke om van te kies.

Met ons besoek was die weer stormagtig en die wind het sterker as 60 km/h gewaai. ’n Mens dink jy gaan nêrens skuiling kry nie, want die kampplek is op ’n hoogte, maar hier is darem ’n hele paar bome wat as skans kan dien.

Jy het skaars ingetrek by Mtwalumi of ’n werker

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep6 min read
’n Welkome gas
In die kampplek het ’n mens ’n paar opsies om jou kos gaar te kry of water te kook vir ’n bietjie boeretroos. Die mees basiese en beste, natuurlik, is ’n kampvuur, maar dit neem tyd om aan die gang te kry en jy kan ook nie sommer enige plek vuurmaak
Weg: Ry & Sleep5 min read
Wat Maak Kamp So Lekker?
Ek het grootgeword in ’n huis waar vakansies – vernaam die grote in Desember en Januarie – beteken het die lomp two-tone Jurgens 640 met sy blou-en-wit gestreepte tent word by oom Tjoep du Toit gehuur. Ek weet tot vandag toe nie waar oom Tjoep aan sy
Weg: Ry & Sleep5 min read
’n Lékker Honnelewe
• Hou jou motor se ruit oop, indien moontlik. Pote gaan die rit baie meer geniet as hy die tonele kan inasem wat verbyflits. • Stop so een keer elke uur en gee jou woef genoeg tyd sodat hy kan snuffel aan die merke van al die honde wat al vroeër hier

Related