Weg! Ry & Sleep

Nóg ’n rits nuwe kampplekke

LYLIUS

Lylius moet een van die Sederberg se besbewaarde geheime wees, ’n plek waar enige kampeerder ’n draai móét kom maak. As jy al in die Sederberg was, is die kans goed dat jy by Algeria gekamp het. Dit beteken jy het tien teen een op die voorstoep van Lylius verbygery. Dis geleë tussen Citrusdal en Clanwilliam, net 4,7 km van die N7 af. Die plaas van 1 700 ha heet Krieberg en hier boer Corné en Lydia van der Westhuizen met rooibos en boegoe.

Die Forest-kamp is eenkant en net geskik vir tente, terwyl Taaibos op hoër grond lê en oor die res van die staanplekke uitkyk. Hierdie “onderste” staanplekke word gesamentlik Grassfields genoem en bestaan uit vier afsonderlike staanplekke. Forest is in 2019 voltooi en die res ná Covid-19; die laaste staanplek was in 2022 gereed vir besoekers.

Al klink dit of hier net ses staanplekke is, is hier plek vir heelwat meer gesinne. Elk van die staanplekke is ingerig vir meer as een groep, maar jy kan ook ’n staanplek net vir jouself kies.

Om by die Forest-kamp uit te kom moet jy oor twee houtstapbruggies oor ’n stroompie gaan. Drie tente (10 mense) sal hier inpas.

Almal deel die Forest-kamp se badkamergeriewe. Hier is ook ’n lapa met krag en ligte plus ’n kombuis.

Jy is die kat se snor as jy jou naam agter Taaibos kan skryf. Dis op ’n rantjie ingerig waar jy oor die Grassfields-staanplekke uitkyk. Op dié stuk van om en by 1 000 m2 is plek vir nagenoeg vier woonwaens (10 mense). Net soos by Forest het jy ’n kragpunt en lig. Hier is ook ’n piekniektafel en die badkamer bestaan uit ’n stort, wasbak en toilet. By elk van die staanplekke het jy ’n vuurput, handrooster en selfs ’n braaitang.

Grassfields se vier staanplekke, Mango, Marula, Karee en Pear, is ver genoeg uitmekaar sodat almal privaatheid kan geniet. Elkeen het sy eie geriewe en jy het ’n plat grasperk waar jy opslaan. Die boompies is nog jonk en jy moet self sorg vir koelte langs jou wa. Elkeen van die vier staanplekke het ’n lappie aarde van omtrent 400 m2 met plek vir tot drie

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep4 min read
Mistieke Mianmar Op Motorfietse
Johan de Villiers en sy vrou, Kim Rew-De Villiers, is ervare motorfietsryers met heelwat veldtydwedrenne op hulle kerfstok. Hulle het al verskeie van ons buurlande waaronder Botswana, Zambië, Namibië, Tanzanië en Rwanda beleef en was op soek na iets
Weg: Ry & Sleep1 min read
Ysteratlete Sorg Vir Kinders
Die Ironman-uitdaging in samewerking met Isuzu Suid-Afrika het vanjaar R158 000 ingesamel vir hulle liefdadigheidsorganisasies, die Isuzu-stigting en Ironman 4 the Kidz. Vir hierdie uitdaging moet deelnemers 3,8 km swem, 180 km fietsry en ’n volle ma
Weg: Ry & Sleep11 min read
Haak, Oos-Vrystaat!
Om die een of ander duistere rede bestaan die persepsie dat die Vrystaat vaal, plat en vervelig is, maar dit is ’n wanindruk, een wat sommige Suid-Afrikaners die provinsie net in die verbyry laat ervaar. As jy byvoorbeeld ’n Gautenger is, ry jy waars

Related