Weg! Ry & Sleep

’n Fees van nuwe kampplekke

Zebra-boskamp

Die Zebra-boskamp is geleë in Dinokeng en omtrent straataf van die kampplekke Jabula en Kyleu op die Kaallaagtepad. Die eienaars, Natanya Bushey en haar lewensmaat, Bryan Booyse, het Zebra in 2022 op die been gebring.

Die gedagte was reg van die begin af om ’n boskamp met ’n paar staanplekke in te rig, verduidelik Natanya. Hulle het die grond (21 ha) in 2021 gekoop en dit was net bos. Wat in hierdie lappie aarde se guns tel, is dat dit binne die Groot Vyf-gebied van Dinokeng val.

Kampeerders het twee keuses: Jy kan kies tussen drie staanplekke in ’n gebied met ’n elektriese heining, of jy kan kamp opslaan buite die afgesperde gebied en die natuur met die wild deel.

Die omheinde gebied se toegangspad is 250 m van waar jy uit die Kaallaagtegrondpad draai. Die swembad is direk links ná die hek en die gebou voor jou is die kiosk.

Daar is ’n goeie 20 m tussen jou en enige medekampeerders, en omdat hier nie geraas geduld word nie, gaan jy nie van hulle weet nie. Al drie staanplekke is langs die heining, wat beteken die wild kom naby, maar jy sit aan die veilige kant. Die staanplekke se uitleg verskil, maar die geriewe is dieselfde: Jy het jou eie badkamer met ’n stort, wasbak en toilet (die opwasgeriewe is ook hier). ’n Gasgeiser sorg vir warm water en die ligte werk van ’n klein sonpaneel af. Hier is dus nie 220 V-krag nie, maar wel USB-sokke as jy jou foon of flitslig wil laai.

Elkeen van die staanplekke het ’n vuurput met ’n skans eenkant, maar die middelste staanplek het ook ’n daktent op stelte met slaapplek vir twee.

Die twee staanplekke buite die heining het soortgelyke geriewe as die ander drie. Daar’s ’n stort, wasbak en toilet, maar omdat jy nou in die natuur is, het die “vertrekke” nie ’n dak nie. Dis wel aan die kante afgeskort vir privaatheid. Hier is geen elektrisisteit nie en jou water word in ’n donkie verhit.

Albei het ’n vuurput waarlangs jy en jou mense lekker kan kuier.

Die plan is om by elkeen van die omheinde staanplekke ’n warm bad – ’n sogenaamde hot tub – te bou.

Die aankomstyd is 14:00, en op jou laaste

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg: Ry & Sleep

Weg: Ry & Sleep6 min read
’n Welkome gas
In die kampplek het ’n mens ’n paar opsies om jou kos gaar te kry of water te kook vir ’n bietjie boeretroos. Die mees basiese en beste, natuurlik, is ’n kampvuur, maar dit neem tyd om aan die gang te kry en jy kan ook nie sommer enige plek vuurmaak
Weg: Ry & Sleep5 min read
Wat Maak Kamp So Lekker?
Ek het grootgeword in ’n huis waar vakansies – vernaam die grote in Desember en Januarie – beteken het die lomp two-tone Jurgens 640 met sy blou-en-wit gestreepte tent word by oom Tjoep du Toit gehuur. Ek weet tot vandag toe nie waar oom Tjoep aan sy
Weg: Ry & Sleep5 min read
’n Lékker Honnelewe
• Hou jou motor se ruit oop, indien moontlik. Pote gaan die rit baie meer geniet as hy die tonele kan inasem wat verbyflits. • Stop so een keer elke uur en gee jou woef genoeg tyd sodat hy kan snuffel aan die merke van al die honde wat al vroeër hier

Related