Die hemel is helderblou en die warm son skyn hoog toe ‘n opgewonde Lucy op ‘n mooi lenteoggend oor die steenwerf van haar ma, Sofia, se huis stap. Sy belowe nou al hoe lank om te kom kuier. Hulle het lanklaas tyd saam gespandeer. Haar loopbaan hou haar besig en dis moeilik om tyd af te knyp.
Lucy vryf met haar hand oor haar skouer. Dis kliphard van die knoppe. ‘n Dag by die spa is nét wat sy nodig het. By die huis se drumpel word sy gegroet deur die wit huishondjie, Fluffy, wat om haar voete dans van blydskap oor die weersiens. Lucy glimlag en buk af. “Hallo, Fluffy. Ek het jou baie gemis. Het jy my ook gemis?” Sy vryf sy kop en Fluffy antwoord met ‘n klein blaffie.
Lucy lag en staan weer regop. Sy kry die reukwater. Dit laat haar terugdink aan haar kinderdae. Hoe sy en haar ma saam gebak het in die kombuis. Die nostalgie laat haar breed glimlag.