VERMAAK
Sy gesig is welbekend op TV en hy beplan om dít nog vir lank só te hou. Maar hy sing ook ‘n ander deuntjie – letterlik …
Die talentvolle en veelbekroonde akteur Clint Brink (43) het van kleins af ‘n spesiale band met musiek. Aan die begin van sy akteursloopbaan kon hy ‘n deeltjie van sy musiekdroom uitleef in die sepie Backstage as die karakter Shawn Jacobs. Maar nou gaan hy voluit met sy sangloopbaan, en daar is nuwe musiek op die horison.
Dié Paarliet glo sy musiektalent is ‘n gawe uit God's hand. “Ek was nog altyd bewus daarvan dat ek nie my talent onder die maatemmer wil wegsteek nie. Ek moet dít wat God my gegee het, gebruik.”
Clint het oor die die hospitaaldramareeks waarin hy sedert 2015 die rol van dr. Steve Abrahams speel. Hy kon dus nie regtig tyd inruim om musiek te maak nie.