‘EK HET VIR DIE REGISSEUR GESÊ: AS MENSE DIÉ FLIEK SIEN, SAL HULLE REGTIG VERSTAAN WAT ONS DEURGEMAAK HET’
WAT Nando Parrado onthou, is ’n diep swart gat en dieselfde gedagte wat oor en oor deur sy kop gaan: “Ek’s dood. Ek’s dood. Dis die dood. Dis so donker, dis die dood.”
Ure gaan verby, dalk dae. En dan ’n nuwe gedagte: “Ek’s dors. Ek wil water hê. As ek dood was, sou ek nie dors gewees het nie.”
Hy’t begin bykom. Hoekom was dit so koud? Hoekom was sy kop so seer?
Stemme. Nando het sy oë oopgemaak.
“Ek onthou die helder, mooi gesigte van my vriende,” sê hy. “Hulle het gepraat. ‘Nando, is jy oukei? Nando, is jy oukei?’
“Laat ek jou iets vertel: Ek was nié oukei nie.”
Hy’t om hom gekyk en gesien hy’s in ’n opgefrommelde vliegtuigwrak wat op sy kant lê. Die skade was enorm: pype wat ontplof het, kabels, yster, plastiek, rommel oral.
Nando het versigtig aan sy kop gevat. Droë bloed het sy hare gekoek. Hy’t beensplinters gevoel. Sy vriend Roberto Canessa het hom vertel die vliegtuig het drie dae tevore ’n berg getref en Nando was al daai tyd bewusteloos.
Nando het aan sy ma, Eugenia, en suster, Susy, gedink.
“Hulle het vir my gesê: ‘Nando, jou ma is dood. En Panchito is dood.’” Francisco “Panchito” Abal was sy beste vriend. Hy het Nando op die vlug oorreed om plekke te ruil sodat hy by die venster kon sit.
“Panchito was soos my broer. Hy’t