Huisgenoot

ONS MATRIEK-REIS NA ANTARKTIKA

DIS nie die meeste matrikulante se idee van pret ná die eindeksamen nie – om ’n onherbergsame yslandskap te gaan verken pleks daarvan om ’n paar weke lank net lekker te ontspan om jou welverdiende vryheid te vier.

Maar ná hul besoek aan Antarktika kan Kelby Barker (18) van Makhanda in die Oos-Kaap daarmee spog dat sy by ’n ysige meer ingespring en geswem het, al het die kwik die dag om vriespunt gehuiwer.

En die snerpende koue kon Boiketlo Lamula (17) van Heidelberg, Gauteng, nie keer om daar haar viool wat sy spesiaal saamgeneem het uit te haal en te begin speel nie. “My vingers het amper afgevries, maar ek dink nie iemand het al ooit op Antarktika tussen die ysberge viool

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Ons Vriendskap Voor En Agter Die Skerms
TOE hulle hoor hulle gaan saam in ’n kortfliek verskyn, het hulle eers ’n bietjie “uitgefreak van opgewondenheid”. Dis immers iets waaroor hulle al ’n paar jaar droom, vandat hulle mekaar ontmoet het. Nou is die Boer soek ’n vrou-aanbieder Marciel Ho
Huisgenoot1 min read
’n Fiets, ’n Paar Moeë Bene En ’n Droom
WAT sal maak dat enigiemand meer as 1 500 km op ’n fiets wil rondrits? Dit klink dan soos malligheid? Vra jy egter die “Spore”-sanger, is die antwoord eintlik eenvoudig: liefdadigheid. “Hoekom op aarde sal ek van George af Mbombela toe op ’n fiets ry
Huisgenoot1 min read
Vyf Vinnige Vrae
1 In watter Amerikaanse staat is Hollywood? 2 Hoeveel kante het ’n oktagoon? 3 Ankara is die hoofstad van watter land in die Midde-Ooste? 4 Wie is die enigste Suid-Afrikaanse vrou wat ’n Nobelprys ontvang het? 5 In watter provinsie is die Mapungubwe

Related