Huisgenoot

KOS VIR DIE WOESTYNJAERS

VOOR jou, so ver soos die oog kan sien, lê die dorre woestynlandskap van Saoedi-Arabië – ’n ongenaakbare wêreld.

Hier in die Arabiese woestyn is jy aan die natuur uitgelewer. Op die aarde van klip en sand is jý die teiken, selfs in die koeler wintermaande.

Dis hier waar die Dakar-tydren vanjaar vir die vierde agtereenvolgende jaar gehou is. Waar veldvoertuie, motorfietse en vragmotors sowat 14 dae lank byna 7 000 km van die woestyn deurkruis. Oor klipperige duine en kameelgras, deur modder, oor rotsgebergtes.

Die tydren is bekend as die uitmergelendste op Aarde. Tog is daar ’n ewe veeleisende wedloop wat daarmee meeding: dié van Dakar se hoof-sjef.

Terwyl die renjaers jaag dat die stof staan, moet die Suid-Afrikaner Barend Greyling die kosvoorraad en ’n span sjefs bestuur wat daagliks nagenoeg 11 000 maaltye moet lewer.

Tussen die agt tentedorpe in

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Babbel Voort Aanlyn!
Twee prettige seisoene van Die Babbelbende is aanlyn op huisgenoot.com te kry. In dié Afrikaanse kinderreeks ondersoek die vriende Bibi, Ben, Paloeka die leeu en Palawa die kameelperd die interessante dinge wat ons wêreld so wild, woelig en wonderlik
Huisgenoot1 min read
Speletjies
By watter prent pas die skaduwee? A-5, B-2, C-6, D-3, E-4, F-1. Skommel die letters en vind die woorde: kontrole, swaard, bom, gifdrankie, trofee, skatkis, knope. Hoeveel van elke vrug is weggesteek? A-3, B-5, C-5, D-4, E-1, F-2.
Huisgenoot3 min read
Skone Slaap
AS ’N skoonheidskrywer en ma van twee is dit nie altyd maklik om tyd in die dag te kry om ’n 20-minuut-gesigmasker of haarbehandeling aan te wend nie. Dis hoekom skoonheidsprodukte wat werk terwyl ek slaap veel aanlokliker is. Ons vel gaan ’n vernuwi

Related