Hier is Thereza Raman met haar gekoesterde meestersgraad. INLAS: Theresa in ‘n vriendin se toga. “Ek het daardie dag gesê eendag sal ek ook my graad ontvang.”
Die beledigings het in die ‘80's op haar neergereën toe sy nie matriek aan Ravensmead Senior Sekondêr geslaag het nie. Selfs van haar familielede het haar ‘n “dom luiaard” genoem.
Thereza Raman (56) onthou hoe die wanhoop haar destyds oorval het toe sy nie haar naam in die koerant sien nie. Hoe sy later soos die nikswerdjongmens begin voel het waarin niemand wou glo nie.
Maar soms is weemoed en teleurstelling juis die brandstof om jou karretjie aan die gang te kry die toekoms in. En daai terugslae uit die verlede het uiteindelik die ouer Thereza ál meer aangevuur. Eendag is eendag. Sy sal nog almal