DIS Kersfeesoggend en die drie susters Blom daag voor my deur op. Bienkie, Blair en Beulah. Die eerste twee is kort, vaal en plomp, en die laaste een is lank, bedonnerd en blond. Beulah, die onderwyseres. Al een wat al getroud was, maar steeds glo sy weet wat sy wil hê.
Hoe dit ook al sy, moeilikheid kom in drieë, maar skeepsreg is ook die derde keer. Ek was nogal kwesbaar, en dit be-teken ook ietwat desperaat. Alleenwees is nie vir sissies nie.
Nietemin, so het dit gebeur: Bienkie, my oudkollega, het die vorige dag haar susters vir die eerste keer na my drumpel gebring. Die susters is wynconnoisseurs, so … die onvermydelike wyntoer volg. Onvermydelik. Ek woon immers langs die Bottelarypad, die Bolandse wynroete se amptelike ingang. Muratie, Delheim, Kanonkop. Ons proe roekeloos en gesels lighartig, waad onbevange deur die gange en geure, en die kleure en kelders van wynplase in die somer.
As (amateur)skilder kan ek