Ek is nie ‘n ou wat sommer opgee nie. As ek besluit het om iets te doen, maak ek ‘n plan… en my swaer, Chris van der Spuy, is dieselfde. Dus het ons nie ons droom om na Malawi te reis laat vaar toe ons agterkom dat daar bitter min inligting oor dié land as toeristebestemming beskikbaar was nie.
Dit gesê, was die grootste tameletjies vir seker watter roete om te volg. Die oorlog in Namibië en Angola was iets van die verlede, maar op daardie stadium was daar Suid-Afrikaners in Zambië gearresteer. As sulks, het ons besluit om liefs nie die Zambië roete te volg nie. Die enigste ander roete was die een deur Zimbabwe en die Tete Provinsie van Mosambiek, maar dit het ook uitdagings gebied aangesien vuurgevegte steeds sporadies tussen Renamo en Frelimo uitgebreek het. Ons het nogtans op die roete besluit, al sou dit beteken dat ons in ‘n militêre konvooi deur die Tete korridor sou moes ry.
Ons wou, ter ter wille van die kinders, tydens die April skoolvakansie gaan. Die toer sou ‘n maand lank duur en Koos en Wilmien – ons agtjarige tweeling – kon nie so lank uit die skool bly nie. Dus het ons besluit dat Hettie en die kinders tot in Lilongwe sou vlieg nadat die skole gesluit het en van daar af saam met ons verder sou toer. Hulle sou dan weer vroeër terugvlieg om tuis te wees wanneer die skole weer heropen.
Die plan was dat