Landbouweekblad

Verklein — en groei vinniger

Jongboer van die Jaar

Om ’n boerdery wat meer as ’n eeu oud is, oor te neem en te bestuur, is ’n ysingwekkende taak. Die versoeking is daar om op jou louere te rus, want hoekom krap waar dit nie jeuk nie?

Dit is egter in dié denkwyse waar die dood in die pot lê en loer, sê Jimie Malan (31), nuutgekroonde Jongboer van die Jaar van Toyota en Agri SA.

As kannetjie het Jimie en sy broer, Louis, gehelp om plantsakkies vol te maak om geld te verdien.

“My pa, Jacques, het nie sakgeld gegee nie en ons eerder klein-klein by die besigheid betrek. Die meeste plante was in plastieksakkies en ons het 2 sent per sakkie gekry. Só het ek van vroeg af geleer van werketiek; van werk vir jou inkomste.”

Sy gunstelingaktiwiteit was om steggies in die kweekhuis te help maak en dan te sien hoe die plantjies ontwikkel. “Dit was ’n passie om met plante te werk en in die tuin te wees.”

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter

Related