“Hy’t nie witpyp ingeasem daar by die smokkelhuis nie?” Altydoopvygie skud haar kop woes.
“Waar’s die pa? Wat’s sy naam?”
Altydoopvygie vat die maklikste opsie: “Verbygaande.”
“Vir wat?”
“Gaande.”
“Gemaak en laat staan?”
Altydoopvygie knik haar kop. ’n Skaamte tog, hierdie pa-lose kind. “Ja,” antwoord sy. “Hy’t gemaak