‘TRRRR!” lui die televisieskerm hard in die Babbelboomhuis toe ’n videoboodskap deurkom. “Sal ons sommer dadelik hoor wat die vraag van die dag is?” vra Bibi haar maats Paloeka die leeu en Palawa die kameelperd.
“Ja, laat ons nie vandag tyd mors nie,” sê Palawa en knik.
“Ek stem; ek is baie nuuskierig,” sê Paloeka. Hy is besig om ’n klomp leë toiletpapierrolletjies op die tafel uit te pak.
“Hallo, Babbelbende,” sê die seuntjie op die skerm. “Ek wil