‘GOED, kan iemand vir my die gom aangee, ek wil net hier ’n stukkie vasplak?” vra Bibi vanuit die groot kartonboks. “En het iemand die suurstofpyp gesien?” vra sy.
“Hier is die gom, en hier is die suurstofpyp,” sê Palawa die kameelperd en gee vir Bibi ’n groot plastiekpyp aan.
“Jammer, ek moes die pyp lankal vir jou gegee het. Ek weet nie waar my kop vandag is nie,” sê Palawa en trek haar skouers op.
“Jou kop is dan op jou