Idees

BORRELFEES

BORRELBROOD MET 'N CHARCUTERIE – BOLAAG

Vakansietyd is onthaaltyd – en dié maklike borrelbrood is die perfekte peuselhappie of voorgereg vir kuiergaste wat kom inloer. As jou tyd beperk is, kan jy sommer brooddeeg by die supermark koop, maar maak seker jou panne is vuurwarm sodat die deeg borrel terwyl dit bak.

Genoeg vir: 6-8

Bereidingstyd: 40 minute, plus rystyd

Baktyd: 5 minute per baksel

Oondtemperatuur: 220 °C

♥ 680 g (1 250 ml) witbroodmeel
♥ 10 ml sout
♥ 7 g (10 ml) kitsgis
♥ 30 ml olyfolie
♥ omtrent 430 ml louwarm water

CHARCUTERIE-BOLAAG

♥ 60 ml olyfolie
♥ 20 ml rooiwynasyn
♥ 1 knoffelhuisie, fyngedruk
♥ 140 g prosciutto of ander snye kouevleis van jou keuse
♥ 150 g klein mozzarellabolletjies (pearl mozzarella balls)
♥ 1 fles (280 g) gemarineerde artisjokke, gedreineer en in kwarte gesny
♥ 30 g vars basilieblare, geskeur

Sif die meel en sout in 'n groot mengbak. Roer die kitsgis by. Maak 'n holte in die middel van die meel. Klits die olyfolie by die water en voeg dit geleidelik by die meel om 'n sagte, kniebare deeg te vorm. Keer die deeg uit op 'n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is en knie dit vir 10 minute tot dit glad en elasties is (jy kan ook 'n voedselverwerker met 'n deeghaak gebruik). Rol die deeg in 'n bol en plaas dit in 'n groot bak. Gooi 'n klam teedoekoor en laat dit vir 2 uur eenkant staan om te rys of tot dit in volume verdubbel het.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Idees

Idees6 min read
Hang Uit!
Hierdie lieflike koek is niks anders nie as 'n reuse-toebroodjie gemaak van brood en lae geurige sout bestanddele. Dit is baie maklik om op te tower en gaan beslis die tonge laat klap. Genoeg vir: 10-12 Bereidingstyd: 45 minute, plus yskastyd ♥ 1 ron
Idees2 min read
Van Die Redakteur
KONTAK MY BY terena@ideasfactory.co.za instagram.com/terenaleroux Maandagaand sit ons klassie soos gewoonlik om die tafel, slaggereed om in Italiaans te gesels dat dit gons. Maar dié keer is dit effe anders. Ons nuwe onderwyseres uit die noordooste v
Idees1 min read
Patroonkoekies
♥ vanieljekoekiedeeg (resep op bladsy 40) ♥ silikoonvorm van jou keuse ♥ ronde koekiedrukker ♥ koekroller 1 Maak die deeg aan volgens die vanieljekoekieresep op bladsy 40. Bedek die deegbol met kleefplastiek en sit dit vir minstens 1 uur in die yskas

Related