‘EK HET by my ouma en oupa op ’n plaas grootgeword. Daar was g’n ander kinders nie en ook nie ’n skool naby nie. Ek was eensaam. Tot ek eendag met klei begin speel het
Dit het my nie net besig gehou nie. Die lekkerste was dat ek vir my lewensgrootte-vriende met die klei kon maak. Skielik het ek maats gehad. Hulle het name gehad, en ons kon lekker gesels.
Hulle was my beste vriende. Ek kon deur die eensaamheid kom. Dis waar my passie vir