Huisgenoot

BONJOUR! KYK WIE’S TERUG

’N MENS kan die Reinachs maar verskoon wanneer hulle dalk nie mooi kan onthou of hulle jou moet “hallo” of “bonjour” nie.

Want skaars ’n week ná die Springbokke en hul gesinne se triomfantelike terugkeer uit Frankryk is hul huurhuis hier in die Paarl vandag weer ’n gewoel terwyl hulle inpak. Sien, hulle moet oor net ’n paar uur wéér ’n vlug haal – terug Frankryk toe!

Want terwyl Suid-Afrika nog juig oor die Bokke se onvergeetlike Wêreldbekeroorwinning, moet Cobus (33) reeds weer vir sy Franse klubspan, Montpellier, gaan uitdraf.

Dit was omtrént ’n warrelwindweek vir die blitsige skrumskakel en sy vrou, Frances (34), en hul kinders, Richardt (4) en Elia (1) – die naelbyt en ekstase van die eindstryd teen die All Blacks, die euforie van aanhangers in die stadion, die landwye segetoer op die Bokbus.

Cobus kla nie, want hy het nou ’n tweede goue medalje om langs 2019 s’n te hang. En o ja, danksy RG Snyman het hy ook ’n Wiking-HOOFFOTO: haarsny om hul oorwinning in die toernooi te vier. “Dit was ’n baie beter idee op daardie oomblik,” sê Cobus skamerig oor sy nuwe kapsel.

“Wanneer het RG jou beetgekry?” vra Frances.

“Dit was die eerste dag wat ons in Suid-Afrika was,” antwoord hy. “Ek het gedink dis drieuur die oggend, maar ek het later uitgevind dit was tienuur die aand. Dis hoe jy tred verloor met tyd.”

Dié Vrystaatse boorling

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot2 min read
Elders In Die Wêreld
Twee betogers van in die 80, wat lede is van die groep Just Stop Oil, het die glas oor die Magna Carta gebreek. Die Magna Carta is ’n bitter belangrike geskiedkundige Britse dokument uit 1215 – dis die eerste keer in die wêreld wat erken is dat die k
Huisgenoot4 min read
Hoe Werk ’n Kamera?
‘GOED, hier’s die tydskrif. Help my nou om ’n oulike advertensie te soek vir my skooltaak,” sê Bibi en sit die Huisgenoot op die tafel in die Babbelboomhuis neer. “Kan dit enige advertensie wees?” vra Palawa die kameelperd. “Is jy op soek na iets spe
Huisgenoot5 min read
‘Hy Bly Steeds ons Pa’
HY HET daardie dag tronk toe gegaan om die man te konfronteer wat weens sy ma se moord vasgetrek is. “Ek was gereed om hom die leviete voor te lees, to speak my mind,” vertel Dexter Kannemeyer terwyl hy na die rustelose see hier by Gqeberha se Somers

Related