IN DIE testosteroongevulde wêreld van Springbokrugby is dit moontlik die grootste bromance ooit.
Oral sien jy hulle saam: langs die oefenveld, in die afrigterslosie wanneer die Bokke speel, en diep in gesprek agter die skerms. Hulle is die breintrust van ons nasionale span, maar ook jarelange vertrouelinge en pelle. Bokbesties, kan jy maar sê.
Ja, ons praat natuurlik van Rassie Erasmus, die Suid-Afrikaanse Rugbyunie se direkteur van rugby, en Jacques Nienaber, die Bokke se hoofafrigter. Die choreograwe van ons Wêreldbekertriomf in 2019 in Japan en vanjaar se klipharde wenveldtog en triomfantelike sege in Frankryk.
Op die oog af is hulle nie eenders nie. Rassie, die innoverende strateeg, dra sy hart op sy mou en laat