Weg!

In Waterleliestraat

Toe ek wakker word, stut ek my op ’n elmboog en kyk om my rond. Agter my is die gids Letsaamang “Arnold” Kelaotswe besig om die vuurtjie aan te blaas. Hy vat ’n ou olifantbol, trek dit uitmekaar en plaas die droë stukke op die vuur. Die rook ruik na kruie, stof en die bos. As ek dié reuk kon bottel, sou ek dit wraggies as deodorant aanspuit…

Arnold beduie met sy oë in ’n rigting waar ek moet kyk, en wanneer ek my kop draai om sy blik te volg, sien ek die koppe van twee kameelperde bo die bome net oorkant die water van waar ons oornag het.

Dit is vroeg in Meimaand, en kort voor sonop. Daar is ’n effense byt in die lug, maar dit gaan ’n lieflike, warm Botswanawinterdag word. Die kameelperde loer nou en dan vir ons, asof hulle nuuskierig is oor die twee mense wat laasnag hier in hulle buurt kom slaap het.

Gistermiddag kort ná twaalf het ek vir Arnold by

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg2 min read
Die aanloklike Langeberg
Wanneer ’n mens na ’n kaart van die Wes-Kaap kyk, krul die Langeberg soos ’n skalkse glimlag oor die landskap. Dié gebergte – deel van die Kaapse Plooiberge – strek van Worcester in die weste oor nagenoeg 170 km tot by Riversdal in die ooste. Sy suid
Weg3 min read
Stap Teen Jou Eie Pas
Laat in Maartmaand was Jasmin Paris se foto oral in die media. Die een waar sy sommer met haar rugsak nog vasgegord inmekaargesak het. Haar bene is die ene skrape en modder, haar hare hang in sweterige slierte om haar gesig en dié spreek van ’n uitpu
Weg8 min read
’n Sagter benadering
Die lees van die woord “wildernis” vuur in baie stappers se gemoed ’n noodfakkel af. Hulle hou van stap en buite wees, maar soek sekere geriefies: ’n hut, spoeltoilet, gemerkte roetes… daai soort ding. Dit skep die verwagting dat jy deur digte plante

Related