Landbouweekblad

Veerkragtig selfs in die droogte

As Rory en Jess Sandberg terugdink, het die jaar dat hulle op ’n beesplaas in die woestyn in Australië gewerk het, hulle voorberei op die droogte wat hulle tot vanjaar op hul plaas by Rheenendal buite Knysna ervaar het. November 2022 was die einde van die droogste nege maande sedert 1911, en die afgelope winter is die natste in ’n lang tyd.

Die wisselvallige en uiterste weergebeure wat met klimaatsverandering gepaard gaan, is een van hul grootste bekommernisse. Die Sandbergs het dus hul melk-en-weidingboerdery ingerig om daarby aan te pas.

Hul melkkudde van sowat 700 koeie is ten volle van aangeplante weidings afhanklik. Die weidings is ’n mengsel van grasse, peulgewasse en kruidagtige plante. Hulle maak ook ’n bietjie kuilvoer van mielies, hawer en korog.

“Ons het begin om plante te gebruik wat water doeltreffender benut, en plante met diep wortels en wortelstelsels wat die hele grondprofiel benut.”

Woodside Farm is ’n familieboerdery. Rory en Jess staan aan die stuur van sake. Rory se pa, Hub, sal van tyd tot tyd vir hom instaan, veral noudat Jess besig is met die versorging van hul babadogter, Clementine. Sy ma, Alison, behartig die plaas se boeke.

Hul koeikudde het in Rory se oupa se tyd as ’n Frieskudde in KwaZulu-Natal

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit

Related