Landbouweekblad

‘Klein vertakking’ betaal maandeliks die rekeninge

Wat begin het met ses Jersey-koeie in 1972, is vandag ’n standhoudende kontantvloei vir mnr. Jacques Theron van die plaas Helderstroom by Barrydale.

“Volgens vandag se norme is die melkery klein, maar dit was desnieteenstaande oor die jare ’n vaste bron van kontantvloei in swaar tye.”

Theron, wat in vennootskap met sy seun, Cobie, vrugte vir die verwerkingsbedryf, vars mark en uitvoermark kweek, het tans sowat 170 Jerseykoeie en -verse wat gemelk word, hoewel dié getal in ’n stadium sowat 220 lakterende koeie was. Theron was al ’n paar keer ’n kandidaat vir die eerbewys as die Landbounavorsingsraad se Melkboer van die Jaar.

Hoekom melk ’n klein melkboer soos hy steeds in ’n tyd dat melkboerderye groter word en kleiner boere tou opgooi omdat produksiekoste styg en produsentepryse nie daarmee tred hou nie?

“As ek nie gemelk het nie, sou ek nie kop bo water kon hou nie. Melk verseker ’n volgehoue kontantvloei, al is die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter