Ons moes onlangs ’n familielid op haar kleinhoewe in die Bultfontein-gebied, sowat 30 km noord van Pretoria, gaan ondersteun. Gedagtig aan klagtes wat ons kry dat ons te veel op Kaapse voëls konsentreer en nie genoeg aandag aan voëlkykplekke in die noorde van Suid-Afrika gee nie, was dit sommer ’n gulde geleentheid om ook voëls te kyk.
Die kleinhoewe bestaan uit gemengde bosveld en grasveld,