Huisgenoot

EISTEDDFOD-WENNERS: ONS TROTS!

ONS het nog altyd geweet Suid-Afrikaanse kinders bars van talent, maar wie sou ooit hierdie oorvloed van gawes kon voorspel?

Honderde inskrywings het vanjaar van reg oor die land vir Huisgenoot se tweede aanlyn eisteddfod ingestroom – en die deelnemers het ons weer eens met hul indrukwekkende video’s oorrompel.

“Die kinders is só talentvol,” sê die sangeres Lynelle Kenned, die beoordelaar van die sangkategorie. Sy het ook haar wenke in ’n aanlyn meesterklas met leerders gedeel. “Dis so ’n voorreg om te kan sien hoe hulle belangstel en die selfvertroue het om deel te neem.”

Die Huisgenoot Eisteddfod is ’n spesiale platform vir leerders, sê sy. “Dis ook ’n wonderlike manier vir ons as professionele kunstenaars om in voeling te kom met die jeug en as mentors op te tree. Dis wonderlik om brûe te bou tussen mense in die bedryf en dié wat dalk later daarvan deel kan raak.”

Skoolleerders kon in hul ouderdomsgroep deelneem in vier afdelings: poësie-voordrag, prosa-voordrag, sang en redenaars. ’n Inskrywing het elkeen toegang gegee tot aanlyn meesterklasse wat deur topkunstenaars aangebied is, en dan moes die kinders self voor die kamera inskuif en hul slag wys. Die meesterklasaanbieders was ook die beoordelaars en het noukeurig deur die honderde inskrywings gewerk.

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot1 min read
Speletjies
By watter prent pas die skaduwee? A-5, B-2, C-6, D-3, E-4, F-1. Skommel die letters en vind die woorde: kontrole, swaard, bom, gifdrankie, trofee, skatkis, knope. Hoeveel van elke vrug is weggesteek? A-3, B-5, C-5, D-4, E-1, F-2.
Huisgenoot1 min read
Restoureer
Dit beteken om iets tot sy oorspronklike toestand te herstel. “Re-” is ’n voorvoegsel wat beteken om iets te herhaal, presies net soos “her-”. En “stauros” kom uit Grieks uit en beteken “paal”. Hoe op dees aarde die twee saam “herstel” beteken, sal n
Huisgenoot5 min read
‘Hy Bly Steeds ons Pa’
HY HET daardie dag tronk toe gegaan om die man te konfronteer wat weens sy ma se moord vasgetrek is. “Ek was gereed om hom die leviete voor te lees, to speak my mind,” vertel Dexter Kannemeyer terwyl hy na die rustelose see hier by Gqeberha se Somers

Related