Huisgenoot

STERRE VAN MÔRE

UIT Porterville en Parys; Pretoria en Durbanville – van dwarsoor die land, en selfs uit Namibië – het die inskrywings ingestroom.

Die talentvolle deelnemers wat met hul talent kon kom spog? Honderde leerders wat wou deelneem aan Huisgenoot se heel eerste aanlyn eisteddfod.

En hoe trots kan hulle nie wees nie! Want die Huisgenoot-span én beoordelaars was beïndruk met die een inskrywingsvideo ná die ander wat wys: Ons kinders kán.

“Die kinders het my heeltemal uitgeboul en verstom met hul talent,” sê die sangeres Lynelle Kenned, die beoordelaar van die sangkategorie en kunstenaar wat haar wenke en raad in ’n aanlyn meesterklas met leerders gedeel het.

“Dit maak my opgewonde vir ons bedryf om te sien wat die kinders kan doen. Dit was ’n voorreg om dit te beoordeel.”

Skoolleerders kon volgens hul ouderdomsgroep deelneem in vier afdelings: poësie, prosa, sang en redenaars. ’n Inskrywing het elkeen toegang gegee tot aanlyn meesterklasse wat deur topkunstenaars aangebied is, en dan moes die kinders self voor die kamera inskuif en hul slag wys.

Die meesterklasaanbieders het ook as beoordelaars gedien en het noukeurig deur al die inskrywings gewerk. Die aktrise Roeline Daneel (prosa), die omroe per Sue Pyler-Slabbert (redenaars) en die stemkunstenaar Frieda van den Heever (poësie) was saam met Lynelle en die Huisgenoot-span in die warm stoel.

Elke deelnemer is beloon met ’n

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Huisgenoot

Huisgenoot5 min read
Dis Hoe Dié Familie Rol
JY NOEM dit ’n bak, nie ’n bal nie, sal die puriste jou vertel. Want hy’s doelbewus swaarder gemaak aan die een kant – dis die rede dat hy so ’n lui kurwe maak wanneer jy hom rol. En dis juis daai kurwe wat maak dat rolbalspelers sulke komiese passie
Huisgenoot1 min read
5 Vinnige Vrae
1 Wat is die enigste soogdier wat kan vlieg? 2 Watter vitamien kan jy van sonlig kry? 3 Wat is die amptelike taal in Brasilië? 4 Waar is die hoofkantoor van die Verenigde Nasies? 5 Wat noem ons die boonste laag van die Aarde? 1 Vlermuis  2 Vitamien D
Huisgenoot4 min read
Wintertyd, Fliektyd
As jy klaar deur die agt seisoene van Monk gekyk het wat vroeër vanjaar op Netflix uitgereik is, kan jy regskuif vir die fliek. Ná 14 jaar maak die eienaardige dog snaakse TV-speurder Adrian Monk (Tony Shalhoub) sy buiging op ons skerms in ’n fliek w

Related