In die ou dae kon dokters eers ná ’n geboorte agterkom of die ma se plasenta verkalk het omdat hulle dit dan regstreeks kon ondersoek. Deesdae kan ’n sonar gelukkig die probleem gou-gou raaksien.
“In die ou dae was klein, wit kalsiumstukkies in die plasenta ’n teken van verkalking,” sê suster Burgie Ireland, ’n ervare Suid-Afrikaanse vroedvrou.
“Verkalking is ook nie as ’n groot probleem beskou nie. Daar is net gemeen die plasenta is ’n bietjie oud, wat normaal is as ’n baba ná sy verwagte datum gebore