DIE DEFINISIE
’n Vrou word as onvrugbaar beskou as sy nie swanger geword het nie ná ’n jaar van seks sonder voorbehoeding. Ná die ouderdom van 35 word selfs aanbeveel dat jy hulp soek as jy nie binne ses maande swanger is nie. As jy ’n geskiedenis het van ongereelde, pynlike of abnormale maandstondes, bekkeninfeksies, operasies of pynlike seksuele omgang, moet jy vroeër hulp soek.