![f042-01.jpg](https://article-imgs.scribdassets.com/7vcvvsagaobe3423/images/fileAG8HA732.jpg)
![f042-02.jpg](https://article-imgs.scribdassets.com/7vcvvsagaobe3423/images/fileC19MM9UG.jpg)
![f042-03.jpg](https://article-imgs.scribdassets.com/7vcvvsagaobe3423/images/file5EBQ1XPU.jpg)
Hy maak vir ons koffie en ons gaan sit by die eetkamertafel op Stirling, die familieplaas buite Bethlehem in die Oos-Vrystaat. Ons wil Wêreldbekerrugby gesels, en boerdery, en die voorreg om te kon huis toe kom, Vrystaat toe. Maar dan raak oud-Springbok Bismarck du Plessis, gereken as een van die beste hakers van sy tyd, vir eers met belangriker dinge besig. Dit is slaaptyd vir die Du Plessis’tjies – Francois en Gideon (7), Bismarck jr. (2) en nóg ’n tweeling, Hannah en Amelie, wat einde Februarie gebore is – en Pa en ma Anja los mekaar af om te sus en te troos en aandag te gee totdat die spannetjie rustig is. Bismarck het in Julie vanjaar op 39 ’n roemryke rugbyloopbaan van meer as 20 jaar gegroet. Ná 79 toetswedstryde vir die Bokke (428 wedstryde in totaal as beroepspeler) lui sy uittrede ’n nuwe era in – dié van ’n gesinsman en boer, maar ook dié van ’n man wat hier in die Vrystaat saam met sy