Landbouweekblad

Drie koppe is beter as een

Rugbywêreldbeker 2023

Om elkeen 70 (en meer) Springboktoetse aan te durf – waaronder in drie Wêreldbeker-rugbytoernooie – sit net in ’n plaasjapie se broek.

Boonop was daar was net een inkomtydreël op Jannie en Bismarck du Plessis se grootwordplaas naby Bethlehem in die Vrystaat – enige tyd solank hulle die volgende dag die melkery kan oopsluit en ’n voldag kan werk. Jannie (40), ’n dokter, sê dit is ál voorwaarde wat sy oorlede pa, Francois, vir hom, Bismarck (39) en hul jonger broer, Tabbie (Francois jr., 30), gehad het.

“Dit is ’n les wat my bygebly het. Dit maak nie saak wat ons gedoen het nie, ek het seker gemaak dat ek hard kan oefen en dat my werk op datum is.”

Jannie en Bismarck tel onder die min spelers wat in drie Wêreldbeker-toernooie kon uitdraf – 2007 in Frankryk, waar die Springbokke as wêreldkampioene gekroon is, 2011 in Nieu-Seeland en in 2015 in Engeland.

Verder was hulle in rugbyspanne wat byna elke belangrike toernooi op die aardbol gewen het – van die plaaslike Curriebeker tot die stryd teen die Britse en Ierse Leeus, die Wêreldbeker, die Drienasies en Europese toernooie.

Bismarck, ’n haker, het 79 keer vir die Springbokke uitgedraf en Jannie, ’n stut, 70 keer. Albei het ook in vier ander wedstryde vir die Bokke gespeel wat nie as toetse erken is nie. Jannie is in 2003 vir die SA onder 21-span gekies en Bismarck het in 2007 vir die span gespeel wat daardie jaar die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad3 min read
Oor Ysters, Robotwerktuie En Die Gemis Aan Biltong En Berge
Pieter Uys (29) het grootgeword op die plaas Skeiding by Heidelberg in die Wes-Kaap waar sy pa, Neels, ’n saai-en-skaapboerdery bedryf en sy ma, Anné-Lize, ’n gastehuis. Hy sê die bedrywighede in die gastehuis het daartoe gelei dat hy sjefsopleiding
Landbouweekblad1 min read
Beveilig Jou Belangrike Toestelle Só
Spoorvat Sekuriteitsdienste bestaan al sedert 2018 en die span bestaan uit hoogs bekwame, gemotiveerde, professionele mense wat diep toegewyd is om misdaad te voorkom, sê Willie Venter, direkteur. Die maatskappy spesialiseer in plaasbeveiliging deur
Landbouweekblad5 min read
Aangrypende Verhaal Oor Eenvoud En Menswees
Wou jy altyd ’n skrywer word? Voor my eerste boek, Die kinders van Spookwerwe, was ek net ’n ma wat skoolgehou en vir my kinders stories opgeskryf het. Ons het vakansies na familiegrond in die Karoo gegaan en ek wou nie hê hulle moes vergeet hoe dit

Related