Landbouweekblad

‘Snoer die hope talent saam as span’

Rugbywêreldbeker 2023

Langer as 2 meter was dié Springbokslot ’n gerekende krag op die veld, en boonop ’n uitstekende diplomaat en taktiese afrigter gedurende ’n seëvierende Blou Bul-era en later ook die Springbokke.

Waar dr. John Williams nou in die verre noorde van Limpopo in veeleisende omstandighede boer, bring niks hom van stryk nie. “Die dêm olifante het laasnag al weer my besproeiingspype langs die rivier beskadig,” groet dié legendariese Springbok en boer van Alldays my toe ons telefonies oor die komende Wêreldbekerrugbytoernooi van 8 September tot 28 Oktober in Frankryk begin gesels.

Hy boer teenaan die Limpoporivier met vee en gesaaides, en hoewel olifante dikwels amok maak, gesaaides en aangeplante weiding vertrap en heinings en besproeiingstoerusting verwoes, diversifiseer hy met jag en ’n gewilde rivierkamp.

John het van 1971 tot 1976 in 13 toetse vir die Springbokke slot gespeel. Hy het die Bokspan ’n jaar nadat hy vir Noord-Transvaal gekies is, die eerste keer gehaal. “Ek het nooit ’n toetsdrie gedruk nie, want hulle wou nooit vir my die bal by die doellyn gee nie,” sê die 76-jarige John,

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Landbouweekblad

Landbouweekblad2 min read
In ’n Blik
’n Troppie van die Hoër Landbouskool Oakdale se Jersey-koeie aan die wei buite Riversdal. Oakdale bedryf ’n kommersiële suiwelafdeling wat ’n groot bydrae tot die skool se inkomste lewer. Benewens dat die kudde vanjaar een van net ses platinumtoekenn
Landbouweekblad7 min read
Briewe
POSBUS 1802, KAAPSTAD 8000; e-pos: lbw@landbou.com WENBRIEF ’n Mens kan maar sê dat ek reeds byna my vervaldatum bereik het, maar ek dink met groot seer aan jong mense wat nog hul lewe moet leef en hul ideale verwesenlik wil sien. Hoe sien hulle hier
Landbouweekblad3 min read
Veediefstal Is ’n Spesialismisdaad
’N VEEDIEFSTALSAAK is van die moeilikste sake om te ondersoek omdat dit in die buitelug plaasvind en deurslaggewende leidrade weens verskeie faktore, soos reën en versteuring van die misdaadtoneel, vernietig kan word. Só sê Louis Wessels, voorsitter

Related