“EK het so gekonsentreer, dat ek alles uitgesny het,” onthou Pieter-Steph du Toit oor die Wêreldbeker-eindstryd. “Dit was asof iemand anders oorgeneem het, want dit het vir my gevoel dit was nie ek wat gespeel het nie. Al ons voorbereiding die afgelope ses maande met fiksheid en spanwerk het net in plek geval.”
Hoe voel dit om deel te wees van die suksesvolste span in wêreldrugby-geskiedenis?
Die laaste drie wedstryde wat ons gespeel het, het