SARIE

EON DE VOS Sy lewe een groot avontuur

PRAAT MET

Eon de Vos lei my na sy netjiese kantoor. Ná ’n kort aftrede is hy nou Fine Music Radio (FMR) se stasiebestuurder. Hy luister self al jare na dié gemeenskapstasie en beklee die pos net langer as ’n jaar.

Hy draai sy lessenaarstoel om en gaan sit. Een voet op die ander knie. Behalwe vir sy grys hare, lyk hy nie naastenby aftree-ouderdom nie. Hy is steeds netjies gebou en sy goue stem is nog daar. ’n Serp is stylvol om sy nek gedrapeer.

Sy bestuurspos by FMR is “a new lease on life”. Van sy aftrede het dadels gekom.

Kyk ’n mens terug op sy loopbaan, bevestig dit sy woorde: “Ek klop aan deure en wanneer hulle oopmaak, gaan ek in voor hulle weer toemaak.”

Eon was ’n gewilde TV-aanbieder. Pasella, Potpourri, Morning Live. “Moet net nie van die Mej. Suid-Afrikawedstryd vergeet nie!” sê hy met daardie skalkse laggie.

Hy was ook ’n akteur in Afrikaanse films soos Die winter van 14 Julie (1977) en Nicolene (1978). Die TV-reekse waarin hy gespeel het, sluit Ntunzini- Spa (1981) in. Soms het hy selfs agter die skerms gewerk, soos toe hy die assistent-regisseur van die ikoniese TV-reeks Trompie en die Boksombende (1980) was.

“Maar my akteursdae is verby,” sê

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from SARIE

SARIE4 min read
16 Blaaie Vir Die Ontspan, Die Probeer En Die Pret!
DWARS 7 Te perd (6)8 ’n Mooi man (6)9 Ekonomiese insinking (8)10 Begeer (4)11 Wat bestaan (4)12 Kombineer (8)14 Poort (8)16 Godsdienstige gebruik (4)18 Bondel druiwe (4)20 Ondermyn (8)22 Alarm (6)23 Vroeër (6) AF 1 Ervaar (6)2 Oor argumente praat (8
SARIE1 min read
Leef Binne Na Buite
Marcus se huis is soos ’n treinstasie met ’n vloei van mense wat gou kom inloer, maar toe die huis in aanbou was, het hy ’n frons of twee van die plaaslike inwoners gekry. As argitek wou hy hê die huis moet sy opleiding in die modernistiese styl weer
SARIE6 min read
WENNERS NÉS MA & PA
Resepteboekskrywer Marisa de Bruyn oor modeontwerper-ma Marianne Fassler Toe Marisa de Bruyn van Ladybrand in die Oos-Vrystaat ’n resepteboek-projek aanpak, ten bate van haar kinders se skool, kon sy put uit die kreatiwiteit van drie generasies vroue

Related Books & Audiobooks