Idees

PASTA-SEISOEN

kos & onthaal

DIT IS VEELSYDIG, EKONOMIES EN SMAAKLIK – G’N WONDER PASTA BLY EEN VAN DIE GEWILDSTE MAALTYE TER WÊRELD NIE.

MOSSELS IN’N PREI-EN-WITWYNSOUS

Hierdie is ’n heerlik delikate seekosgereg wat vinnig en maklik is om te maak – net wat jy nodig het vir onthaal.

Genoeg vir: 4

Bereidingstyd: 20 minute

Gaarmaaktyd: sowat 30 minute

♥ 400 g spaghetti of lang, dun pasta van jou keuse
♥ 60 ml olyfolie
♥ 4 preie, fyngesny
♥ 2 selderystele, gekap
♥ 3 knoffelhuisies, fyngekap
♥ 800 g-1 kg vars mossels of bevrore mossels in halwe skulpe
♥ 250 ml droë witwyn
♥ 10 ml gerasperde suurlemoenskil
♥ 30 ml vars suurlemoensap
♥ ’n hand vol vars Italiaanse pietersielie, grofgekap
♥ 125 ml room

1 Kook die pasta tot al dente in ’n groot kastrol vol kokende soutwater. Laat dit dreineer, maar behou 250 ml van die kookvloeistof.

2 Terwyl die pasta kook, verhit die olyfolie in ’n groot kastrol oor matige hitte. Voeg die preie en seldery by en soteer dit tot sag. Voeg die knoffel by en soteer dit vir nog 2 minute.

Voeg die mossels en wyn by. Sit die deksel op en laat dit vir 5-8 minute prut tot die mossels oopgemaak het. Gooi alle mossels weg wat

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Idees

Idees3 min read
Onthoutye
Baie mense dink 'n plattelandse bestaan is 'n lewe van gemak en duursame dienlikheid, maar styl was nog nooit iets wat Illze Muller kon afskeep nie. Sy is die vrou met die kop vol drome agter die interieur van dié 180 jaar oue plaashuis. Teen die tyd
Idees3 min read
Maak So Mooi
‘Die skou is 47,2 kilometer lank en het 5 000 uitstallers se harde werk en aptyt vir risiko geneem om bymekaar te sit,’ vertel die aantreklike Duitse organiseerder. En dit was min of meer hoeveel ek van die perskonferensie kon verstaan. Dis wat gebeu
Idees1 min read
Pere In Skilferkorsdeeg
Maak: 12 Bereidingstyd: 1 uur Gaarmaaktyd: 20 minute Oondtemperatuur: 190 ºC ♥ 80 ml fyngekapte geroosterde amandels ♥ 50 ml suiker ♥ 2 ml fyn kaneel ♥ 6 klein, ryp pere ♥ 400 g gekoopte bevrore skilferkorsdeeg, ontdooi ♥ versiersuiker, om oor te sif

Related