‘SY IS ’N VROU, MA, DOGTER EN MENS WAT DEUR ’N BITTER DONKER TYD IS EN GEKNAK HET. WAT ’N HULPKREET GEGEE HET EN TE VEEL KERE STERK MOES WEES – TOT ALLES BINNE-IN HAAR GEBREEK HET’
DONKER.” “Hartseer.” “Stukkend.”
Op TV en op nuus webtuistes sien ’n mens Lauren Dickason as ’n afgetrokke vrou met ’n strak gesig wat in die hof in Nieu-Seeland staan en luister na diep ontstellende getuienis oor hoe sy haar kinders vermoor het.
Maar praat ’n mens met haar vriendinne hier in Suid-Afrika, dié wat haar al voor die verskriklike gebeure geken het en in sommige gevalle