Weg!

Nuut én nuttig

Osprey Exos 58-rugsak

’n Rugsak met hierdie volume weeg gemiddeld sowat 2,3 kg nog voordat jy ’n enkele stukkie droëwors ingepak het. Die Exos weeg ’n volle kilogram ligter.

Die sak het steeds die kenmerkende Ospreyergonomika, maar is hier en daar gestroop. Die Velcroverstelstroke in die skouerbande en heupgordel ontbreek en laasgenoemde se kussings is ook heelwat dunner en die raam is in sy geheel minder bonkig. Die sak het nie die twee standaardkompartemente nie, maar slegs een grote, en die dakkompartement kan heeltemal verwyder word. (Daar’s ’n ekstra flap wat jy dan oor die groot kompartement se trekkoordopening toeknip.)

Teen die raam is egter steeds ’n glyspoor waarop jy die saklengte na gelang van jou eie torso met tot 10 cm kan verstel, en danksy die AirSpeed-rugpaneel se vering sit die rugsak gerieflik en dit laat voldoende ventilasie toe.

Daar’s ’n sloop vir ’n waterblaas, twee diep kantsakke vir waterbottels en ritssakkies op die heupgordel. Lang, verstelbare stroppe met verskeie ankerpunte voorsien genoeg vasbindplek vir jou slaapmat en tent buite-op. Maar jy kan dié ook afhaal wanneer jy dit nie nodig het nie.

Die rugsak is ook heeltemal van herwinbare materiaal gemaak.

R4 800

driftersshop.co.za

Sea to Summit Spark SpII-slaapsak

Die sak der alle sakke. Dit kos drie keer meer as sy naaste mededinger, maar die Spark SpII is tans met ’n skamele 490 g die heel ligste in sy liga. Donsprodukte se gehalte en gevolglik ook sogenaamde vulkapasiteit (die

You’re reading a preview, subscribe to read more.

More from Weg

Weg12 min read
Ver In Die Wêreld
Party mense glo in liefde met die eerste oogopslag, maar dit is nie juis die geval met St. Helena-eiland nie. Dis ’n vulkaniese knoets in die middel van die wye Atlantiese Oseaan, skaars 16 km lank en 8 km breed. “Dis nie ’n aantreklike plek nie. Dit
Weg5 min read
Ken Jy Al Dié Dagroetes?
Welmé de Beer, George welme.debeer Vensterberg (1 309 m) is definitief die piek wat my met die mooiste uitsigte beloon, ongeag die tyd van die dag. Met sonopkoms en sonsondergang doen die piek sy naam gestand, veral as daar ’n paar dramatiese wolke
Weg2 min read
Sterreweg
Wanneer een hemelliggaam voor ’n ander inbeweeg, praat ons van ’n “okkultasie”. Die bekendste voorbeeld hiervan is natuurlik ’n sonsverduistering wanneer die maan voor die son inbeweeg. Die maan beweeg ook voor sterre verby. ’n Mens sou dink dit gebe

Related